lion Venter Surname Project

Welkom

by die

Venter Familienaam
Navorsingsprojek.

Pretoria

Pretoria, die hartland van Suid-Afrika se Venters.

Die voorste webwerf vir navorsers van die
Venter Familienaam.

Ons help navorsers van die Venter familie saamwerk om hulle gedeelde erfenis te vind.

Die Venter Familienaam Projek bied 'n forum waar navorsers inligting oor die Venter-van kan deel, en ook om oplossings vir hulle spesifieke navorsingsprobleme aan te bied, te vind en te bespreek. Ons nooi alle navorsers met 'n belang by die Venter-naam om ons te kontak en deel te word van ons navorsingsgenootskap. Ons sal ons gemeenskaplike belange bevorder deur inligting te deel.

As u inligting het oor die Venter-van, sal ons graag van u wil hoor.

Ons hoofoogmerk is die Venter Familienaam DNA-projek.

DNA-analise is tans die opwindendste en snelgroeiendste veld in genealogie. Dit help jou om jou eie verwantskap met ander Venter familielyne te kan bepaal.

Almal wat meer wil weet van die oorsprong van hulle familie, kan by die projek aansluit.

Die projek word bedryf deur Family Tree DNA. U kan meer inligting daaroor kry by Family Tree DNA in Engels of in Duits. As u verdere vrae het of meer inligting wil hê, e-pos ons asseblief by venter.genealogy@comcast.net .

Ons nooi alle manlike Venters om by ons projek aan te sluit. Om 'n deelnemer te word, gaan na ons Tuisblad by Family Tree DNA.

Die Venter Familiebond van Suid-Afrika

Die skakel vir die webblad van die 'Venters van Suid-Afrika' is: www.venter.ws. Dit is die webblad van die Venter Familiebond van Suid-Afrika - ´n webblad déúr Venters vír Venters!

Hierdie blad dien ook as kontakpunt vir alle navorsers van die Venter familienaam.

Deur die medewerking van navorsers wêreldwyd, wil ons:

  1. bepaal waar die Venter-van ontstaan het,
  2. bepaal hoeveel unieke Venter-lyne daar is,
  3. ´n wêreldwye Venter-stamboom saamstel,
  4. moontlike skakels met ander vanne ondersoek,
  5. ´n databasis opstel,
  6. afstamming naspoor.

Ons het kollegas wêreldwyd, insluitende;

  1. Noord Amerika,
  2. Afrika,
  3. Europa.

U kan verdere inligting kry by die volgende webwerwe:

  1. Ons Duitstalige Tuisblad:Deutsch.
  2. Ons Engelstalige Tuisblad: The Venter Surname DNA Project
  3. Die maatskappy wat vir ons DNA toets, by: familytreedna.com of familytreedna.de

Familienaam Navorsing

Ons Databasis van
Venter Familielede
Wêreldwyd

new arrow Venter Familiebond
van Suid-Afrika

Distribution
of the Venter Surname
in Germany Today

Project Homepage
(English)

Projekt Seite
(Deutsche)

DNA Projek

DNA Project Page
at venter.org

DNA Project Results
at venter.org

Family Tree DNA
(English Page)

Family tree DNA.de
(Deutsche Seite)

See our story:
World Wide Venters + DNA
at Ancestry24!

ancestry24

Version: 2.11;   Revised on Tuesday, August 2, 2016 at 1:30 p.m.

Valid XHTML 1.0 Transitional